# Twee ANC-raadslede is doodgeskiet terwyl hulle in Umgababa, aan die suidkus van Durban, ‘n deur-tot-deur-veldtog gevoer het. Drie ander mense is gewond en is in die hospitaal. Die polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, Robert Netshiunda, sê voorlopige verslae dui daarop dat twee vroue en ‘n man, saam met hul lyfwagte, besig was met veldtogwerk toe ‘n wit Isuzu-bakkie hulle genader het. Die insittendes van die bakkie het op die vyf persone losgebrand. Die speaker van die eThekwini-raad, Thabani Nyawose, sê hulle is geskok oor die tragedie:
Twee ANC-raadslede doodgeskiet tydens deur-tot-deur-veldtog in KZN [KLANK]
ENG NyawoseOnShooting