Skip to content

Trump skrap regstreekse uitsending van Fort Hood-skieter se teregstelling

# Die Amerikaanse president Donald Trump het planne laat vaar om die teregstelling van Nidal Hasan regstreeks aanlyn uit te saai. Hasan het in 2009 dertien mense by die Fort Hood-militêre basis in Texas vermoor. Die voormalige psigiater in die weermag, sal na verwagting op 3 Desember deur ‘n vuurpeloton tereggestel word. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, het aangekondig die publiek sal die teregstelling aanlyn kon sien, wat tot wydverspreide kritiek gelei het. Trump sê die teregstelling sal voortgaan, maar nie uitgesaai word nie. Naasbestaandes van die slagoffers sal toegelaat word om dit persoonlik by te woon.