Skip to content

Rugby: Giliomee begin sy Bulle-loopbaan op heelagter

# Rugby: Die Junior Springbok-ster Luan Giliomee begin môre sy Bulle-loopbaan in die nommer 15-trui in die Kampioenebeker-wedstryd teen Stade Francais op Loftus. Hy vervang die Bok-veteraan Willie le Roux, wat na die bank skuif. Die 20-jarige Giliomee het onlangs na Pretoria verhuis nadat hy sy termyn by die Haaie voltooi het. Hy vorm die agterste driehoek saam met die vleuels Cheswill Jooste en Sebastian de Klerk. Hoofafrigter Johan Ackermann het tien veranderings aangebring aan die groep wat die Leeus verlede naweek in die Verenigde Rugbykampioenskap geklop het.