# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê rampgevare moet geassesseer word voordat behuisingsprojekte goedgekeur word. Dit volg te midde van toenemende kommer oor uiterste weerstoestande wat huise en infrastruktuur beskadig, gemeenskappe verplaas en lewens eis. Simelane sê voorkoming van rampe moet deel wees van elke fase van behuising: van die verkryging van grond en projekbeplanning tot die opgradering van informele nedersettings. Sy sê die regering moet die lewering van behuising bespoedig en seker maak nuwe ontwikkelings verminder inwoners se blootstelling aan rampgevare.
Minister Simelane sê ramprisiko moet voorkeur kry wanneer behuising gelewer word