# Die ANC verwelkom die uitkoms van COSATU se 15de Nasionale Kongres en die resolusies wat aanvaar is. Een van die belangrike resolusies is dat die vakverbond die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in die plaaslikeregeringsverkiesing in November sal ondersteun. Dit ten spyte van die SAKP se besluit om onafhanklik van die drieparty-alliansie aan die verkiesing deel te neem. Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die party sal saam met COSATU se nuwe bestuur werk aan die visie van ʼn beter lewe vir almal:
ANC gereed om met COSATU se nuwe leierskap saam te werk aan beter lewe vir almal [KLANK]
ENG BhenguONCosatu