# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, gaan die Arbeidshof-uitspraak oor die uitvoerende hoof van die Nasionale Vaardigheidsfonds ten volle aanvaar. Die hof het ʼn tussentydse interdik uitgereik wat sy opdrag om die pos weer te adverteer, ophef aangesien die werwingsproses afgehandel en ʼn kandidaat aanbeveel is. Woordvoerder Matshepo Seedat sê Manamela bly verbind tot wettige, regverdige en deursigtige werwingsprosesse, goeie regering en die doeltreffende werking van die fonds:
Minister Manamela aanvaar hofuitspraak oor hoof van Nasionale Vaardigheidsfonds [KLANK]
ENG SeedatOnCourtRuling