# Die Arbeidshof het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, verbied om die werwingsproses vir ʼn uitvoerende hoof vir die Nasionale Vaardigheidsfonds te hervat. Doktor Khathutshelo Sirovha is eenparig vir die pos aanbeveel. Die hof het bevind Manamela het hom die bevoegdhede van die direkteur-generaal toegeëien, maar het ook geen reg om die pos weer te adverteer nadat Sirovha as suksesvolle kandidaat aanbeveel is nie. Die tussentydse interdik bly van krag hangende die finale beslissing oor ‘n afsonderlike aansoek wat die wettigheid van die minister se opdrag betwis.
Hof verbied minister Manamela om werwingsproses vir hoof van Nasionale Vaardigheidsfonds te hervat