Skip to content

Krieket: Bavuma erken hulle het nie die mas opgekom in die eerste toets teen Australië nie

# Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, sê hulle foute in die eerste toets teen Australië in Durban was eerder te wyte aan ingesteldheid as roekeloosheid. Die besoekers het met 214 lopies gewen. Matt Renshaw het sy beste toetsbeurt ooit van 190 aangeteken in die eerste van drie toetse. Bavuma erken die kolwers was nie opgewasse vir die uitdaging nie en sê daar was te veel gevalle van kolwers wat hul paaltjies weggegooi het. Hy hoop sy span kan beter vaar in die tweede toets wat Sondag in Gqeberha begin.