# Standard Bank het die volle skuldbefondsing van nege-miljard-rand verseker om die Gautrein-stelsel die volgende 15-jaar te vernuwe. Die belegging sal bestuur word deur Sihamba Sonke Mobility, wat verlede maand die bedryf en instandhouding oorgeneem het. Die plan sluit in die opknapping van 24 treine, agt nuwe treine, die opknapping van stasies en sinjaal-stelsels en die vernuwing van kaartjiestelsels. Dit maak ook voorsiening vir hernubare energieprojekte en die vervanging van toevoerbusse. Dit het ten doel om die Gautrein se lewensduur te verleng en ‘n meer betroubare vervoerstelsel te verseker.
Standard Bank befonds Gautrein-opknapping van R9-miljard