# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid vra dringende verbeterings in bestuur, finansiële bestuur, dienslewering en aanspreeklikheid in die Nasionale Gesondheidsdepartement. Volgens die Ouditeur-generaal se jaarverslag is 187-miljoen-rand se onregmatige besteding onopgelos, en 179-miljoen-rand word tans ondersoek. Boonop is ʼn afsonderlike aansluitingskontrak van 106-miljoen-rand na die Nasionale Tesourie en die Valke verwys. Die komitee se voorsitter, Faith Muthambi, versoek besonderhede oor tugoptrede teen amptenare wat by onregmatige besteding betrek word.
Parlement vra beter bestuur in Gesondheidsdepartement