# Ethiopië het sy eerste goudraffinadery geopen as deel van ‘n gesamentlike onderneming ter waarde van 800-miljoen-rand, wat daarop gemik is om uitvoere te bevorder en meer van die waarde van sy goud in die land te behou. Die aanleg in die hoofstad, Addis Abeba, is ‘n vennootskap tussen die staatsbeheerde Ethiopian Investment Holdings en die internasionale maatskappy Sam Precious Metals. Die eerste minister Abiy Ahmed sê die raffinadery kan meer as 600 ton edelmetale per jaar verwerk, en daar word gehoop dat dit werkskepping sal stimuleer en ekonomiese groei sal ondersteun. Ethiopië het verlede jaar ongeveer 90-miljard-rand uit gouduitvoere verdien.
Ethiopië open R800-miljoen goudraffinadery