# Die Stad Tshwane sê verskeie dele in Pretoria se middestad, Sunnyside en omliggende gebiede ervaar wateronderbrekings nadat ʼn pyp agter die Gautrein-stasie gebars het. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê dis nie bekend wanneer dit herstel sal wees nie. Mashigo sê watertenkwaens sal inwoners bystaan wat deur die onderbreking geraak word. Hy sê hulle sal inligting bekendmaak soos die herstelwerk vorder:
Watertoevoer na dele van Pretoriase middestad en Sunnyside onderbreek [KLANK]
ENG MashigoONInterrupted