# Rugby: Die Engelse klub, Saracens, het die akademiespeler, Totoa Auvaa, met onmiddellike ingang vrygestel ná die naweek se voorval in St Albans. Die klub sê die 21-jarige Samoaanse voorspeler het nie volgens die standaard vir hul spelers opgetree nie. Auvaa was in Junie betrokke by ‘n onderonsie in ʼn nagklub waarby Engeland se krieketspelers, Ben Stokes en Gus Atkinson, ook betrokke was. ʼn Lid van die veiligheidspan is beseer. Stokes en Atkinson is later vrygespreek van gewelddadige gedrag, maar is gewaarsku omdat hulle spanreëls verbreek het.
Rugby: Saracens stel speler in Stokes-omstredenheid vry