Skip to content

Noord-Korea toets taktiese missiel

# Noord-Korea sê hy het ʼn taktiese ballistiese missiel afgevuur en beweer die toets bevestig ʼn opgradering aan ʼn belangrike onderdeel van die missiel. Die staat se nuusagentskap, KCNA,het die toets vroeër bekendgemaak, maar geen tegniese besonderhede verskaf nie. Suid-Korea se leër sê Noord-Korea het gister verskeie ballistiese missiele in die see aan sy ooskus afgevuur. Dis die vierde missiel binne ʼn maand wat Pyongyang afvuur nadat Suid-Korea onlangs ʼn hipersoniese missiel getoets het. Die jongste voorval verhoog die spanning op die Koreaanse Skiereiland.