Skip to content

Israelse tiener sterf in ontploffing

# ʼn Veertienjarige seun is dood en 24 mense beseer in ʼn ontploffing tydens ʼn skooluitstappie in die noorde van Israel naby die Libanese grens. Israel se weermag sê die ontploffing is waarskynlik veroorsaak deur ʼn trosbom van Hisbolla wat nie afgegaan het nie. Die polisie vermoed een van die leerders het die toestel opgetel voordat dit ontplof het. Twee seuns is ernstig beseer. Owerhede ondersoek die voorval en soek in die omgewing nog ammunisie wat nie afgegaan het nie. Polisie gaan ook veiligheidsregulasies na vir skooluitstappies in die omgewing.