# Krieket: Matt Renshaw het met kolf en bal geskitter en Australië staan ʼn goeie kans om Suid-Afrika te klop in die eerste toets op Kingsmead in Durban. Renshaw het in Australië se tweede beurt 82 lopies behaal en die Proteas se teiken op 421 gestel. Hy het sy eerste toetspaaltjie platgetrek en Suid-Afrika se kaptein, Temba Bavuma, uitgeboul. Suid-Afrika sluit die vierde dag af op 102 vir vier, en met ses paaltjies staande kort hulle 319 om te wen. Australië het ses paaltjies nodig om voor te loop in die reeks van drie toetse.
Krieket: Renshaw plaas Australië binne bereik van ’n oorwinning