# President Donald Trump verdedig ‘n ooreenkoms wat toelaat dat Russiese diesel in die wêreldmark verhandel word, en sê dit kan help om brandstofpryse te verlaag. Sy regering het sanksies tydelik verslap om die voorrade toe te laat, wat kritiek van Republikeinse en Demokratiese wetgewers uitgelok het. Sewe senatore het by Trump aangedring om die besluit terug te trek. Hulle waarsku dit kan Amerikaanse wetgewing oortree en help om Rusland se oorlog teen Oekraïne te befonds. Trump skryf die stygende brandstofpryse toe aan Oekraïense aanvalle op Russiese olieraffinaderye, terwyl president Volodymyr Zelensky sê dis die ontwrigtings in die Straat van Hormoes.
Trump verdedig die Russiese dieselooreenkoms