Skip to content

SADOU veroordeel die afknouery en aanranding van ’n leerder met albinisme

# Die onderwysersunie, SADOU, het die afknouery en aanranding van ‘n albino-leerder by die Phutlotau Secondary School in Sekhukhune, Limpopo, veroordeel. Aanlyn videos het getoon hoe die leerder uitgetart en geslaan word. Nomusa Cembi van SADOU het ‘n beroep op die Departement van Basiese Onderwys gedoen om die voorval te ondersoek en vas te stel of onderwysers genoeg gedoen het om die leerder te beskerm. Cembi sê skole moet veilige plekke wees waar alle leerders met respek behandel word en diskriminasie kan nie geduld word nie.