Skip to content

Rugby: Springbok-vleuel tree uit na 16 jaar

# Rugby: Die Springbok-vleuel Courtnall Skosan het ná 16 jaar van professionele rugby sy uittrede aangekondig. Die 35-jarige het sedert sy debuut in 2017 in twaalf toetse vir Suid-Afrika gespeel en 10 punte aangeteken. Hy het ook vir Suid-Afrika onder-20 en Suid-Afrika-A uitgedraf. Skosan het tussen 2014 en 2021 in 84 wedstryde vir die Leeus gespeel en het ook vir die Bulle, Northampton Saints in Engeland en die Stormers uitgedraf. Hy sê hy het as ‘n seun uit die klein dorpie Northpine in Kaapstad sy droom uitgeleef waaroor hy eens net kon bid.