# Rugby: Die Haaie stel ook belang in die dienste van die Springbok-haker Malcolm Marx. Hy is vroeër verbind aan ‘n moontlike skuif na die Bulle in Pretoria, maar die Durbanse span moes ander moontlikhede vir die nommer-twee-trui oorweeg weens onsekerheid rondom die Bok-haker Bongi Mbonambi, wat tans in ‘n dissiplinêre geskil met die unie gewikkel is. Die 32-jarige Marx is die huidige wêreldspeler van die jaar, en het al 93 toetse vir Suid-Afrika gespeel. Hy is tans onder kontrak by die Japannese span Kubota Spears.
Rugby: Haaie wil Marx na Durban lok