# Rugby: Veertien Springbokke kan die Bulle in die komende naweek se openingswedstryd van die Kampioenebeker teen die Franse span Stade Français op Loftus verteenwoordig. Die Pretoria-span het in die vorige vier seisoene nie beïndruk nie en het nie eens die uitspeelwedstryde in die 2024/25-seisoen gehaal nie. Die Bulle is egter vol vertroue ná Saterdag se oortuigende oorwinning van 57-15 oor die Leeus in ‘n tuiswedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap. Handré Pollard, Curwin Bosch en die nuweling in die groep, Luan Giliomee hoop almal op die nommer 10-trui.
Rugby: Bulle kies 14 Bokke vir begin van Kampioenebeker-seisoen