# Krieket: Suid-Afrika se voormalige hoofafrigter, Eric Simons, gaan volgens berigte aangestel word as boulafrigter in die Engelse toetsafrigter, Stephen Fleming, se ondersteuningspan. Fleming is besig om sy span bymekaar te kry vir die reeks teen die Proteas in Desember. Simons was tussen 2002 en 2004 in beheer van Suid-Afrika en was ook ‘n ruk lank Indië se boulafrigter. Hy het ook saam met Fleming by die Joburg Super Kings in die SA20 gewerk. Simons was ‘n raadgewer vir die Proteas se witbalspanne toe Rob Walter in beheer was.
Krieket: Voormalige SA-hoofafrigter, Eric Simons, sluit aan by Engeland se toetsgroep