# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull het die Singapoerse Formule Een Grand Prix die eerste keer in sy loopbaan gewen. Die Nederlander het ‘n vroeë uitdaging van Charles Leclerc van Ferrari afgeweer vir sy 73ste loopbaanoorwinning in sy 250ste wedren. Leclerc was tweede en Kimi Antonelli van Mercedes derde, gevolg deur die McLaren-renjaers Lando Norris en Oscar Piastri. Antonelli het sy voorsprong oo sy spanmaat George Russell in die bestuurders-kampioenskap tot 102 punte vergroot. Russell was negende nadat hy in die 19de plek weggespring het.
Motorsport: Max Verstappen behaal oortuigende oorwinning in die Singapoerse Grand Prix