Skip to content

Krieket: Australië in ‘n sterk posisie na die derde dag van die eerste toets teen die Proteas

# Krieket: Australië bevind hulself in ‘n sterk posisie op die derde dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Durban. Die Proteas is vir 284 lopies uitgeknikker in antwoord op die besoekers se eerste beurt van 390. David Bedingham was die beste kolwer met 49 lopies. Steve Smith het die toetsrekord vir die meeste vangskote deur ‘n veldwerker verbeter deur met vier vangskote te slaag en sy totaal op 223 te staan ​​te bring. Australië hervat vandag hul tweede beurt op 33 sonder verlies, met ‘n voorsprong van 139 lopies.