# Die DA in Gauteng sê onlangse krag- en elektriese onderbrekings wat Rand Water se Zuikerbosch-waterbehandelingsaanleg en die Palmiet-stelsel geraak het, lê die kwesbaarheid van die provinsie se waterinfrastruktuur bloot. Die DA-lid Nico de Jager sê dit is onaanvaarbaar dat ‘n enkele elektriese fout miljoene inwoners en ondernemings in Johannesburg en omliggende munisipaliteite se watervoorsiening in die gedrang kan bring. Hy sê die onderbrekings is nie bloot ‘n elektrisiteitsprobleem nie, maar dui op breër mislukkings in infrastruktuurbeplanning en -bestuur:
DA rig waarskuwing oor Gauteng se waterinfrastruktuur-mislukkings [KLANK]
ENG JagerONWater