# Motorsport: Max Verstappen spring voor weg in die Singapoer Grand Prix en hoop om vir die eerste keer op dié straatbaan te wen. Die Red Bull-renjaer het Charles Leclerc van Ferrari langs hom in die voorste ry. Lewis Hamilton begin derde, met die kampioenskapsvoorloper Kimi Antonelli vierde. Verstappen het gister die chaotiese snelren gewen. George Russell het voorgeloop maar moes na ‘n botsing tou opgooi, met die twee McLaren-spanmaats Lando Norris en Oscar Piastri wat in die laaste rondte teen mekaar gebots. Russell het sesde gekwalifiseer, maar begin heel agter na strafpunte vir ‘n enjinvervanging.
Motorsport: Verstappen spring voor weg in Singapoer Grand Prix