Skip to content

Tennis: Medvedev wen eerste wedstryd sedert hy gediskwalifiseer is

# Die Rus Daniil Medvedev het die Duitser Jan-Lennard Struff geklop in sy eerste wedstryd sedert hy gediskwalifiseer is in die Chinese Ope. Die vyfde gekeurde Medvedev het teruggeveg om Struff vandag in die tweede ronde van die Sjanghai Meesterstoernooi met 4-6, 6-4 en 6-3 te verslaan en het 21 kishoue aangeteken. Medvedev is Maandag in sy halfeindstryd teen Novak Djokovic in Beijing gediskwalifiseer toe hy ‘n toeskouer in die pawiljoen met ‘n bal getref het. Medvedev sê dit was ‘[‘n ongeluk en het om verskoning gevra.