Skip to content

Trump briesend nadat hy weer vir Nobel-vredesprys oor die hoof gesien is

# Die Amerikaanse president Donald Trump is hoogs verontwaardig nadat die Suid-Afrikaanse regsgeleerde Navi Pillay as die wenner van die 2026 Nobelprys vir Vrede aangewys is. Pillay het gister grappenderwys gesê sy sal miskien die prys met Trump deel as haar gehoor harder hande klap. Trump het haar daarna op sosiale media beskuldig dat sy anti-Amerikaans en anti-Israel is. Hy het later die Noorweegse Nobelkomitee se besluit as skandelik en ‘n ‘onuitwisbare vlek’ op Noorweë beskryf. Trump meen al vir jare dat hy, danksy sy diplomatieke pogings, die gesogte toekenning behoort te ontvang.