# Die voormalige uitvoerende hoof van Telkom, Sipho Maseko, is skuldig bevind aan versuim om belastingopgawes in te dien vir vyf maatskappye waar hy as direkteur gedien het. Die Palm Ridge-landdroshof het gehoor die maatskappye het versuim om 85 opgawes in te dien wat werknemersbelasting, BTW en korporatiewe inkomstebelasting oor etlike jare dek. ‘n Skulderkenningsboete van 85-duisend-rand is namens die maatskappye betaal, en alle uitstaande opgawes is sedertdien by die Inkomstediens ingedien. Die saak is deel van Project Honey Badger, ‘n gesamentlike inisiatief waarby die belastingowerheid, die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag betrokke is.
Voormalige Telkom-baas skuldig bevind aan versuim om belastingopgawes in te dien