# Die Wes-Kaapse regering sê nuwe riglyne is ingestel om munisipaliteite te help om dienste te handhaaf tydens politieke onbestendigheid in koalisie-regerings. Die riglyne is ontwikkel in samewerking met die Dullah Omar-instituut, die Hanns Seidel-stigting en kenners van plaaslike regering. Die riglyne is om munisipale administrasies te versterk, bestuur te verbeter en te verseker amptenare gaan voort om gemeenskappe te dien, ongeag politieke veranderings. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê veranderings in politieke leierskap mag nie noodsaaklike dienste ontwrig nie.
Wes-Kaapse regering wil sterker, meer verantwoordbare munisipaliteite hê