Skip to content

Pro-Palestynse groepe vra dat Bocelli se konsert in Jordanië geboikot word

# Die beroemde Italiaanse tenoor Andrea Bocelli se konsert in Jordanië kan moontlik geboikot word oor sy steun vir Israel. Eerste minister Benjamin Netanyahu het in 2022 sy konsert in Tel Aviv bygewoon nadat die sanger pro-Palestynse aktiviste se aandrang ignoreer het dat Israel geboikot word. Bocelli het ook in 2010 opgetree by ʼn fondsinsamelingsgeleentheid in Los Angeles vir ʼn groep wat die Israelse Weermag ondersteun. Die 68-jarige se konsert in die antieke Jordaniese stad Petra einde November is deel van sy Romanza-wêreldtoer om sy loopbaan van 30 jaar te vier.