# Krieket: ‘n Hewige stryd word verwag in die reeks tussen die twee voorste lande op die Wêreldtoetskampioenskaps-punteleer, Australië en Suid-Afrika. Die eerste toets begin vandag in Durban. Suid-Afrika weet nou hoe om die aartsvyand te klop nadat hulle die eindstryd van die vorige seisoen gewen het. Die skaduwee van die skuurpapier-skandaal van 2018 hang steeds oor die besoekers. Ses spelers van agt jaar gelede is steeds deel van die span: kaptein Pat Cummins, oudkaptein Steve Smith, Josh Hazlewood, Mitchell Starc, Nathan Lyon en Matthew Renshaw.
Krieket: Hewige stryd verwag in reeks tussen wêreld se twee top-toetsspanne