# News24 het ‘n aanmaningsbrief aan March and March se leier, Jacinta Ngobese-Zuma, gerig nadat sy die ondersoekende joernalis, Khaya Koko, se selfoonnommer op Facebook geplaas het. Die nuusplatform sê Koko het sedertdien meer as ‘n honderd dreigende oproepe en boodskappe ontvang, insluitend ‘n doodsdreigement. Die organisasie eis dat Ngobese-Zuma die plasing verwyder, Koko om verskoning vra en onderneem om nie weer sy persoonlike inligting te publiseer nie. Volgens News24 kan die dreigemente strafregtelik wees en dit skend Koko se reg op privaatheid, waardigheid en veiligheid.
News24 eis verskoning nadat March and March-leier joernalis se selfoonnommer openbaar