Skip to content

Polisie ontdek dwelmlaboratorium van miljoene rand in Krugersdorp

# Die Polisie se Misdaadintelligensie-eenheid en die Valke het vandag nog ʼn vermeende dwelmlaboratorium van miljoene rand ontdek op ʼn plaas in Krugersdorp, Gauteng. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê hulle het beslag gelê op Mandrax en ecstasy-tablette, en vyf Suid-Afrikaanse burgers is in hegtenis geneem. Dit volg op die ontdekking van ʼn Mandrax-aanleg van miljoene rand naby Hartbeespoort in Noordwes vroeër die week waar vier verdagtes aangekeer is.