# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, is bekommerd oor die afname in behandeling van MIV-positiewe kinders in die metro. Volgens die jongste data oor openbare gesondheid kry 43-persent MIV-positiewe kinders nie behandeling nie, terwyl die virus by slegs 41-persent onderdruk word. Gauteng het die hoogste getal MIV-positiewe mense en 11,6-persent woon in Tshwane. Moya se woordvoerder, Zintle Mahlati, sê die agteruitgang sluit ook toenemende gevalle van aangebore sifilis en Hepatitis B in:
Tshwane bekommerd oor afname in behandeling van MIV-positiewe kinders [KLANK]
ENG MahlatiONDecline