# Die Stad Kaapstad sê hy het oor die afgelope vyf boekjare, van 2021/2022 tot 2025/2026, meer as 203-duisend tydelike werksgeleenthede deur middel van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram geskep. Die geleenthede is in al die departemente en direktorate van die metro gebied en het operasionele openbare werksprojekte sowel as doelgerigte inisiatiewe vir vaardigheidsontwikkeling ingesluit. Theresa Uys, lid van die burgemeesterskomitee vir Korporatiewe Dienste, sê die syfers toon die metro se verbintenis om inwoners te ondersteun deur geleenthede om ’n inkomste te verdien, werkservaring op te doen en vaardigheidsontwikkeling:
Stad Kaapstad skep die afgelope 5 jaar meer as 203-duisend tydelike werksgeleenthede [KLANK]
AFR UysONOpportunities