# Krieket: Joburg Super Kings het die veelsydige 18-jarige Suid-Afrikaner, Jason Rowles, vir 2,9-miljoen-rand gekoop, die hoogste bod op die veiling vir die SA20 se vyfde seisoen. JSK het ook die voormalige Protea-kaptein, Faf du Plessis, vir 2,7-miljoen-rand terug verwelkom, terwyl die Windies se ervare veelsydige speler, Kieron Pollard, vir 1,5-miljoen-rand by hom aansluit. Pretoria Capitals het die Protea-kaptein Temba Bavuma en Rassie van der Dussen vir onderskeidelik 200-duisend- en 500-duisend-rand bekom. MI Cape Town het die veelsydige Protea, Wiaan Mulder, vir 2,6-miljoen-rand nader gehark.
Krieket: Tiener Jason Rowles kry hoogste bod van R2,9-miljoen op SA20-veiling