# President Cyril Ramaphosa sê die land is gereed vir volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing en operasionele voorbereiding is in plek. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is genomineer om tien-duisend-526 raadsetels by munisipaliteite te betwis. Dit sluit in 636 onafhanklike kandidate, 97-duisend-815 wykskandidate en 38-duisend-679 kandidate vir proporsionele verteenwoordiging. Ramaphosa sê hy het vertroue in die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur om die nodige veiligheidsmaatreëls vir die verkiesing gereed te kry:
Ramaphosa het vertroue in NATJOINTS-plan vir veilige verkiesing [KLANK]
ENG RamaphosaOnElectionSecurity