Skip to content

Hamas loof die aanvalle van 7 Oktober op Israel as ‘n “geskiedkundige mylpaal”

# Die Palestynse militante groep Hamas het die aanvalle van 7 Oktober 2023 op Israel as ‘n “geskiedkundige mylpaal” in sy stryd beskryf. Gister was dit drie jaar sedert Hamas verskeie aanvalle in Israel, waaronder by ‘n musiekfees, uitgevoer, meer as een-duisend-200 mense vermoor en 251 gyselaars na Gaza ontvoer het. As weerwraak het Israel ‘n militêre aanval in Gaza van stapel gestuur waarin meer as 74-duisend-200 mense sedertdien omgekom het. Hamas sê sy aanvalle, was in reaksie op dekades van aggressie deur Israel en het die illusie oor die mag van die land se weermag vernietig.