Skip to content

COSATU verwelkom stap om goedkeuring vir Premier Group- en RFG-samesmelting te herroep

# Die vakbondfederasie COSATU verwelkom die Mededingingskommissie se aansoek om die voorwaardelike goedkeuring van die samesmelting tussen die Premier Group en RFG Holdings terug te trek. Die stap volg op ‘n ondersoek na Premier se besluit om sy inmaakaanleg in Tulbagh te sluit en werknemers af te dank. COSATU sê die Premier Group het tydens die samesmeltingsverrigtinge aangedui hy beplan nie om enige vervaardigingsaanlegte te sluit nie. Die federasie sê die ondersoek het egter bevind dié voorleggings was nie korrek nie. COSATU sê hy wag nou op die Mededingingstribunaal se beslissing.