Skip to content

Krieket: 156 spelers beskikbaar op veiling vir vyfde seisoen van SA20

# Krieket: Honderd-56 spelers is beskikbaar op vanaand se veiling vir die vyfde seisoen van die SA20. Die 95 Suid-Afrikaners en 61 oorsese spelers is uit 789 aansoeke op die kortlys geplaas. Slegs vier spanne sal bie, aangesien Durban’s Super Giants en Paarl Royals reeds hul groepe van 19 voltooi het. Spanne moet bestaan uit ‘n minimum elf Suid-Afrikaners, insluitend twee onder-23-spelers, en ‘n maksimum van sewe oorsese spelers. Pretoria Capitals het Dewald Brevis behou, wat hulle op verlede seisoen se veiling vir ‘n rekordbedrag van 16,5-miljoen-rand gekoop het.