# Die Parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sê hy is bekommerd oor die langdurige vertragings met die voltooiing van Suid-Afrika se program vir digitale uitsaai-migrasie wat reeds lank uitgestel is. Regsprosesse rakende die program belemmer steeds die staking van analoog-televisie-uitsendings. Die voorsitter van die komitee, Khusela Sangoni-Diko, sê dit is jammer dat meningsverskille oor die implementering van die program vir die tweede keer in die hof beland het. Sy sê die voortdurende vertragings plaas ‘n onnodige finansiële las op die staat weens die koste verbonde aan dubbele uitsending.
Komitee sê vertragings met digitale migrasie plaas ’n onnodige finansiële las op die staat