# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê herstelwerk aan paaie oor ‘n afstand 60-kilometer naby Worcester is voltooi. Die projek van 262-miljoen-rand het herstelwerk aan die R60, R43 en Nuyvalleipad, asook aan paaie en brûe wat deur die vloede beskadig is, ingesluit. ‘n Gedeelte van twee-kilometer van die Nuyvalleipad is opgegradeer van gruis na ‘n geteerde oppervlak. Die projek het ook 355 werksgeleenthede geskep, terwyl 16 plaaslike ondernemings en agt opkomende kontrakteurs daarby gebaat het. Na verwagting sal die finale werk aan die projek vandag voltooi word.
Wes-Kaap voltooi R262-miljoen se herstelwerk aan paaie naby Worcester