Skip to content

Regering verwelkom Afrika-kommissie se bevindings oor migrasie en menseregte [SOUND]

# Die regering het die voorlopige bevindinge van die Afrika-kommissie oor Menseregte en die Regte van Volke oor migrasie in Suid-Afrika verwelkom. Die Interministeriële Komitee oor Migrasie sê die kommissie het erkenning gegee aan die land se wetlike raamwerk vir die beskerming van menseregte, insluitend dié van vlugtelinge en asielsoekers. Hy het ook kennis geneem van uitdagings soos ongedokumenteerde migrasie, werkloosheid, armoede, misdaad en vyandigheid teenoor buitelandse burgers. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê die regering bly verbind tot die bestuur van migrasie op ‘n wettige en menswaardige manier:

ENG BaloyiOnFindings