# Die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo het bevestig die R524 naby Louis Trichardt is heropen ná ‘n ernstige botsing waarin vyf mense dood is. Vyf voertuie, insluitend ‘n polisievoertuig, was betrokke. Twee beseerdes, een in ‘n bedenklike toestand en een ernstig beseer, is hospitaal toe geneem. Ondersoeke duur voort. Die LUR Nakedi Kekana se woordvoerder, Dali Tshifhiwa, vra motoriste om versigtig te wees, nie te vinnig te ry nie en toe te sien dat hul voertuie padwaardig is:
R524 naby Louis Trichardt heropen [KLANK]
ENG-TshifhiwaOnRoad