# Frankryk maak gereed vir ‘n landwye dag van leerderbetogings nadat meer as vyf-duisend mense verlede week in hegtenis geneem is. Tot 500 hoërskole is heeltemal of gedeeltelik gesluit. Die onrus het begin weens ‘n tekort aan onderwysers, oorvol klaskamers en vervalle skoolgeboue. Meer as 170 leerders en 78 onderwysers is beseer. Die onrus het gister toegeneem toe ‘n 15-jarige seun ernstig beseer is tydens botsings met die polisie. Vakbonde sluit vandag by die betogings aan, wat die druk op president Emmanuel Macron se regering verder verhoog.
Skoolbetogings in Frankryk sal na verwagting verskerp ná massa-inhegtenisnemings