# Rugby: Die Stormers se verdedigingsafrigter, Norman Laker, sê hy is vol vertroue dat die terugkerende Springbokke naatloos sal inskakel by die span se stelsel. John Dobson se span wil opmaak ná hul nederlaag teen Edinburgh wanneer hulle Saterdag die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap takel. Die Stormers het byna ʼn volledige groep Bok-spelers beskikbaar vir die wedstryd, insluitend Deon Fourie, Damian Willemse en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Laker sê die terugkerende spelers sal vinnig inskakel by die aanpassings aan die stelsel tydens die voorseisoen.
Rugby: Stormers se verdedigingsafrigter opgewonde oor beskikbare Springbokke vir kragmeting teen Haaie