Skip to content

Tennis: Gauff op sosiale media aangeval oor voorval by Chinese Ope

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Coco Gauff, sê sy is op sosiale media aan rassistiese aanvalle blootgestel na haar oorwinning oor Sun Xinran by die Chinese Ope in Beijing. Die Amerikaner was 4-5 voor in die eerste stel toe Sun gedink het sy het ʼn kishou geslaan. Gauff het egter ophou speel oor ʼn flikkerende lig in die sypanele rondom die baan. Sy het voortgegaan en die wedstryd met 7-5, 6-1 gewen om die laaste 16 te haal. Gauff het die situasie in ʼn sosialemedia-inskrywing verduidelik en beklemtoon dat sy nie kul nie.