Skip to content

Mbalula hou vol Dlamini-Zuma se bewerings van stemkopery teen hom is vals

# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, verwelkom die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg se besluit dat sy lastersaak teen die ANC se Nasionale Uitvoerende Komiteelid, Nkosazana Dlamini-Zuma, deur mondelinge getuienis bepaal sal word. Mbalula dagvaar Dlamini-Zuma nadat sy hom beskuldig het dat hy by die party se nasionale verkiesingskonferensie in 2022 kontant aan afgevaardigdes uitgedeel het om hul stemme te kry. Mbalula sê die bevel beteken nie die bewerings teen hom is waar bevind nie. Hy sê die bewerings is vals en hy het niks om weg te steek nie.