Skip to content

Adjunkminister Letsike sê tradisionele leiers speel ‘n belangrike rol in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord

# Die adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Mmapaseka Steve Letsike, sê tradisionele leiers het ‘n belangrike rol te speel in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. President Cyril Ramaphosa het verlede week die regering se verbintenis herbevestig om hierdie euwel dringend die hoof te bied deur middel van ‘n vierpunt-herstelplan wat die nasionale reaksie moet versterk. Letsike sê tradisionele leiers, as bewaarders van kultuur en die gemeenskap se morele waardes, kan skadelike patriargale norme uitdaag wat geslagsgeweld en vrouemoord in stand hou. Sy sê hulle kan ook tradisionele rade en howe as sentrums vir geregtigheid aanwend.